Wat is Christelike apologieë?

Vraag Wat is Christelike apologieë? Antwoord Die Engelse woord “apology” kom van die Griekse woord wat basies meen “to give a defense”. Christelike apologieë dan, is die wetenskap om die Christelike geloof te verweer. Daar is baie skeptici wat die bestaan van God in twyfel trek en/of die geloof in die God van die Bybel…

Vraag

Wat is Christelike apologieë?

Antwoord

Die Engelse woord “apology” kom van die Griekse woord wat basies meen “to give a defense”. Christelike apologieë dan, is die wetenskap om die Christelike geloof te verweer. Daar is baie skeptici wat die bestaan van God in twyfel trek en/of die geloof in die God van die Bybel aanval. Daar is baie kritici wat die inspirasie en foutloosheid van die Bybel aanval. Daar is baie valse leraars wat valse leerstellings verkondig en die waarhede van die Christelike geloof ontken. Die doelwit van die Christelike apologieë is om hierdie bewegings te beveg en die Christene se God en waarheid te verkondig.

Die sleutelvers vir Christelike “verskonings” is moontlik 1 Pet 3:15,16 “In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.” Daar is geen verskoning vir ‘n Christen om heeltemal onbevoeg te wees om sy of haar geloof te vededig nie. Elke Christen behoort ‘n redelike verduideliking te kan gee. Nee, nie elke Christen hoef vaardig in apologieë te wees nie. Elke Christen behoort egter te weet wat hy of sy glo, hoekom en hoe om dit met ander te deel en hoe om dit te verdedig teen leuens en aanvalle.

‘n Tweede aspek van Christelike apologieë is, dat die tweede gedeelte van 1 Pet 3:15,16 geïgnoreer word, “Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.” Optrede tydens vedediging moet nooit onbeskof, kwaad of sonder respek wees nie, maar ons moet strewe om sterk te wees in ons verdediging en terselfdertyd “Christ-like” in aanbieding. As ons ‘n debat wen, maar ‘n persoon nog verder van Christus af verdryf deur ons optrede, dan het ons die ware doel van Christelike apologieë gemis.

Daar is twee primêre metodes vir Christelike apologieë. Die eerste is bekend as klassieke apologieë en dit bevat bewyse en getuienisse dat die Christelike boodskap waar is. Die tweede staan algemeen bekend as “presuppositional” (voorafveronderstellende) apologieë en dit bevat die vooropgestelde idees en afleidings agter anti-Christelike houdings. Voorstanders van hierdie twee metodes debatteer dikwels oor watter metode die mees effektiewe een is. Dit is baie meer produktief om beide metodes te gebruik, afhangende van die persoon en situasie.

Christelike apologieë bied eenvoudig ‘n redelike verdediging van die Christelike geloof en waarheid aan diegene wat verskil van mening. Dit is ‘n nodige aspek van die Christelike lewe. Ons is almal in opdrag om gereed en toegerus te wees om op te staan vir die Evangelie en ons geloof te verdedig (Matt 28:18-20; 1 Pet 3:15). Dit is die wese van Christelike apologieë.

[English]



[Terug na die Afrikaanse tuisblad]

Wat is Christelike apologieë?

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.