Wat is die swaard van die Gees?

Vraag Wat is die swaard van die Gees? Antwoord Die frase “swaard van die Gees” word net eenmalig in die Skrif gevind, in Ef 6:17. Die swaard is deel van die geestelike wapenrusting wat Paulus vir die Christene aanbeveel om aan te trek, om ons toe te rus om effektief teen die bose te veg…

Vraag

Wat is die swaard van die Gees?

Antwoord

Die frase “swaard van die Gees” word net eenmalig in die Skrif gevind, in Ef 6:17. Die swaard is deel van die geestelike wapenrusting wat Paulus vir die Christene aanbeveel om aan te trek, om ons toe te rus om effektief teen die bose te veg (Ef 6:13).

Die swaard is beide ‘n offensiewe en defensiewe wapen wat gebruik is om iemand te beskerm teen skade of om die vyand aan te val en hom te oorwin. Dit was nodig vir ‘n soldaat om streng opleiding te kry, deur sy swaard behoorlik te gebruik om die maksimum voordeel daaruit te trek. Alle Christensoldate benodig dieselfde streng opleiding om te weet hoe om die Swaard van die Gees behoorlik te hanteer, “dit is die woord van God.” Aangesien elke Christen in ‘n geestelike stryd teen die bose magte van hierdie wêreld gewikkel is, moet ons weet hoe om die Woord behoorlik te hanteer. Slegs dan sal dit ‘n effektiewe verdediging teen die bose wees en ‘n waardevolle verdediging om die “vestings” te kan vernietig teen redenasies en elke hooghartige aanval (2 Kor 10:4-5).

Die Woord word ook in Heb 4:12 ‘n swaard genoem. Hier word die Woord beskryf as lewend en kragtig en skerper as enige swaard met twee snykante. Die Romeinse swaard het gewoonlik twee snykante gehad en dit was maklik om mee te deurboor en beide kante mee te sny. Die gedagte van die Skrif om te penetreer, beteken dat die Woord van God die “hart” bereik, die ware senter van aksie, waar die motiewe en gevoelens oopgemaak word van hulle vir wie dit raak.

Die doel van die Swaard van die Gees – die Bybel – is om ons sterk te maak en ons toe te rus om die aanslae van Satan te weerstaan (Ps 119:11; 119:33-40; 119:99-105). Die Heilige Gees gebruik die krag van die Woord om siele te red en om hulle geestelike sterkte te gee om volwasse soldate vir die Here te word. Hoe beter ons die Woord van God ken en verstaan, hoe bruikbaarder sal ons wees om die wil van God te doen en hoe meer effektief sal ons wees deur op te staan teen die vyand wat ons siele wil vernietig.

[English]



[Terug na die Afrikaanse tuisblad]

Wat is die swaard van die Gees?

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.